Ek is nou terug in die ou Kaap, skaars 'n paar tree van my ou Alma Mater, Jan van Riebeeck, ou boomryke Oranjezicht. Ek bly in 'n studio, of te wel woonstel. Maar ek verkies studio, want anders as 'n ateljee beteken dit ook 'kleinerige plekkie'. Soggens word ek wakkergemaak deur die voelsang van, so voel dit, duisende voels.
No comments:
Post a Comment